R’fontein Mamma-oggend tot 2nm!
Armand du Plessis en Mnr Suid Afrika 2015/2016 is gasspreker vir vandag se Mamma-oggend in Loumarina.
‘n Mamma-oggend met die tema ‘Om weer te begin’ word Saterdag, 5 Augustus by Vredenvlucht Koffiewinkel en Deli in Loumarina aangebied.
Dominee Johan van der Merwe van die Lewende Nuwe Generasie Kerk het verduidelik dat dit ‘n oggend gaan wees wat voedsel vir die siel gaan gee. Die gasspreker is Armand du Plessis, Mnr Suid Afrika 2015/ 2016.
Daar gaan ook ‘n geleentheid wees om Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Petro Neal, Janel Scholtz, Christelle Pretorius en Nic Oosthuizen te ontmoet.
Dit begin om 10vm en duur tot 2nm.
• Navrae: Skakel 082 771 2638.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



