Leer ‘n Teiner ken #28 – Lukas Jansen van Vuuren
Die 28ste persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n 'Teiner Ken’-veldtog voorgestel.
Die Herald het Dinsdag (8 Augustus) in die 28e aflewering van die reeks Leer ‘n ‘Teiner ken vir Lukas Jansen van Vuuren, 28, ontmoet.
Lukas is in die Kaap gebore maar woon reeds agt jaar in Randfontein. Hy is ‘n lid van die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum.
Hy werk tans as ‘n aanlegtoesighouer by ‘n myn. Lukas het ook familie in Randfontein en sy motto is, “If you don’t live for something, you die for nothing”.
Lukas sal nie omgee om in Alaska in die VSA te gaan vakansie hou nie. Hy is ook ‘n man wat hou van sokkie, en Afrikaanse asook country-musiek is sy gunstelinge. Lukas het vertel dat hy onlangs by ‘n gimnasium begin oefen het omdat hy daarvan hou om gesond en fiks te wees.
Dié ‘Teiner is ‘n man so na ‘n vrou se hart, omdat hy baie lief is vir kosmaak. Sy gunsteling is pasta. Lukas hou ook baie van wettige sleepwedrenne by Jachtfontein en van motorsport by die Oval Renbaan in Dwarskloof.
Lukas is baie ernstig as dit by die gemeenskap se veiligheid kom.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



