Local newsNews

Gesonde liggaam, gesonde gees – fiksheidmodel

Janine se mikpunt is om 'n gesonde leefstyl te handhaaf en om fiksheid te gebruik as terapie om as vrou mooi te voel.

Plaaslike inwoner, Janine Ferreira, is 26 jaar oud en het ‘n groot liefde vir fiksheid.

Janine is die trotse ma van twee kinders en werk vir twee familiebesighede. Sy het in 2016 vir die Mev Suid-Afrika-kompetisie ingeskryf en die top 88 gehaal. Dieselfde jaar is sy as tweede prinses in die Mev Johannesburg-kompetisie gekroon en in April het sy haar eerste International Federation of Bodybuilding- (IFBB-) kompetisie in die afdeling vir bikinifiksheid gewen.

Janine Ferreira saam met haar man, Eugene. Foto ingestuur.

Janine is die mede-eienaar van B-Fit Fitcamp wat sy verlede jaar geopen het. Dit het met ‘n klein groepie vroue begin en tot 40 lede gegroei. By die kamp doen die lede verskeie oefeninge wat kardio, gewigte, trappies en Zumba insluit. Hulle kry ook groep- en individuele afrigting.

Vir Janine is haar sukses te danke aan haar familie se ondersteuning. Sy is baie trots op dit wat sy tot dusver met die kamp bereik het. Volgens haar was die fiksheidkamp ‘n geleentheid om haarself uit te leef.

“Dit gaan nie oor hoe ‘n mooi lyf jy het nie. By die kamp lag ons saam, bid ons saam en deel ons mekaar se suksesse,” het Janine gesê.

Janine Ferreira glo ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Foto ingestuur.

Janine se mikpunt is om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf en om fiksheid te gebruik as terapie om as vrou mooi te voel.

Haar doel as vrou, ma, dogter en vriendin is om vroue bewus te maak van die mooi in die dorp, om ‘n positiewe ingesteldheid by hulle te kweek en om vir elkeen individueel te wys waartoe hulle in staat is.

Janine glo dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves. Sy beoog om in 2019 die Top 10 van die Mev Suid-Afrika-kompetisie te haal.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button