Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #30 – Francois Pretorius

Die 30e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Die Herald het Dinsdag (22 Augustus) in die 30e aflewering van die reeks Leer ‘n ‘Teiner ken vir Francois Pienaar, 37, ontmoet.

Francois werk by die Ben Morgenrood-groep as vlootverkoopskonsultant, maar dis nie al nie. Hy het ‘n sangtalent wat hy nie gaan prysgee nie.

Francois is gelukkige getroud met Maryna Pretorius en woon die afgelope twee jaar in Randfontein.

Hy is ‘n aantal jare gelede deur diep waters nadat hy met kanker gediagnoseer is. “Ek is gelukkig al vir ‘n hele paar jaar skoon,” het Francois met ‘n glimlag gesê.

Nadat hy gediagnoseer is, het hy besef dat mens nie jou talente moet weggooi nie en het voortgegaan om sy droom te bewaarheid. Francois is ‘n mens met selfvertroue en wil ‘n groot sukses van sy sangloopbaan maak.

Francois het ook gesê dat hy nooit sal nee sê vir ‘n smullekker pizza nie. Sy droomvakansiebestemming is Rio de Janeiro.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button