Groot makietie by Droogeheuwel-plaas
Merk solank 24 September op jou kalender as 'n dag om by Droogeheuwel-plaas se verhoog te spandeer.
@Loo’s Pub and Grill hou op Saterdag, 24 September groot makietie by Droogeheuwel-plaas in Finsbury.
Dit val saam met nasionale braaidag. Groot kunstenaars, onder andere Nadine, Vaatjie, Leroi, Christo du Plessis en die top vier sangers van @Loo’s Pub and Grill se onlangse karaokekompetisie gaan optree.
Merk solank jou kalender sodat jy die dag by Droogeheuwel-plaas se verhoog kan spandeer. Daar sal ook ‘n vlooimark en stalletjies wees.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



