Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #34 – Kobus Botha

Die 34e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Op Dinsdag, 19 September, het die Herald in die 34e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Kobus Botha, 23, ontmoet.

Kobus het ‘n tuindienste-onderneming en woon sy lewe lank in Randfontein. Hy het gesê hy voel gemaklik hier want die mense is aangenaam en “plat op die aarde”. Kobus het een broer, 25, en bly saam met sy ouers op Wheatlands-plotte.

Hy was in Laerskool Rapportryer en Hoërskool Riebeeckrand.

Die liefde van sy lewe is Charlene van Niekerk en hulle is al ‘n volle vyf jaar saam. “Ek is ook ‘n groot diereliefhebber en het al amper elke tipe troeteldier gehad,” het Kobus vertel.

Vir ontspanning geniet Kobus enige tipe musiek. “Musiek inspireer my baie.”

Kobus het gesê dat hy baie graag in Port Shepstone wil gaan vakansie hou en dat hy ewe lief vir die bos en die see is.

Verreweg sy gunsteling eetplek is Da Vinci vir hul pizzas.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button