Die maatskaplike werker wat jeugharte raak
Ontmoet Anré la Grange, een van die dorp se passievolle maatskaplike werkers wat daagliks die jeug se harte aanraak.
Anré la Grange, 23, het van jongs af geweet dat sy eendag ‘n geregistreerde maatskaplike werker wil wees. Dit is meer as ‘n beroep, dit is ‘n roeping en daarom leef Anré elke dag haar droom by NG Welsyn uit.
Sy is in Worcester gebore en het in Upington grootgeword. Sy het aan die Herald vertel dat Randfontein egter ‘n bestiering op haar pad was.
Anré het vroeg in haar lewe besef dat sy ‘n dieper siel het en dat sy omgee vir ander. Baie mense is alleen, en sy voel dat haar werk soms die enigste uitweg vir dié in nood is.
Sy het vier jaar studeer om te kan praktiseer, en het vertel dat die graad baie vervulling vir haar gebring het.
Anré het in Januarie vanjaar by NG Welsyn aangesluit. Dit is ‘n geloofsgebaseerde niewinsgewende organisasie wat ‘n omvattende, professionele maatskaplike diens aan al die lede van die gemeenskap lewer. Haar werk stel haar in staat om daagliks die harte van jong mense aan te raak.
“R’tein het diep in my hart ingekruip,” het Anré gesê.
Anré glo dat ‘n maatskaplike werker die volgende eienskappe moet hê:
• Deursettingsvermoë
• Empatie
• Simpatie
• Begrip
Al is dit vir haar baie moeilik dat jong mense nie altyd besef hoeveel potensiaal hulle het nie, is dit vir haar vervullend om te sien hoe veerkragtig mense is.
Die beroep maak my ongelooflik dankbaar, elke dag,” het Anré gesê.
Sy het bygevoeg dat dat sy daagliks ‘n verskil in mense se lewens kan maak en maar dat elke dag ook nuwe uitdagings bied. Haar raad aan voornemende maatskaplike werkers om die beroep heelhartig aan te pak indien jy glo dat dit jou roeping is.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



