MunicipalNews

‘Vullisstorting in Eikepark ruk hand uit’

Daar is wette wat nie toegepas word nie – Inwoner van Eikepark is boos oor die vullis wat inwoners in die veld stort.

Ettienne Roos, 56, ‘n inwoner van Eikepark is boos omdat mense vullis in die veld stort.

Roos het die Herald gaan wys wat die stand van sake in die veld net langs Westcol is. Hoe nader mens aan die gedeelte gekom het waar dit meer bebos is, hoe erger het dit van die vullis gelyk.

Roos het foto’s vir die Herald gegee wat hy van die beweerde morsjorse geneem het nadat hy besluit het genoeg is genoeg.

Nog ‘n groot probleem in Eikepark is dat sommige huiseienaars kamers onwettig aan studente verhuur. “Wette word nie toegepas nie. Dit kom neer op bedrog,” het hy ontsteld gesê.

Volgens Roos moet die inwoners in die area eers hul goedkeuring gee voordat so iets toegelaat kan word.

Eikepark se veld lyk nou soos Randfontein se stortingsterrein.

“Daar is talle huise in die area waarin daar klaar studente woon. Iemand moet reëls vaslê en die wet toepas wat op dié tipe behuising van toepassing is.

Daar moet ook opgetree word teen dié wat die veld so bemors,” het Roos vies gesê.

Die Herald het telefonies met Craig Harrison, raadslid van Wyk 7 gesels. Hy het die volgende gesê, “Ek het met ‘n kontak by Westcol gepraat, en ons stem saam dat dit ‘n goeie idee sal wees om behuising vir die studente te bou. Aangaande die vullisstorting in die veld in Eikepark, daar is waarskuwingstekens opgesit dat dit nie ‘n stortingsterrein is nie.”

Harrison het verder gesê dat hy selfs al iemand agtervolg het wat vullis daar stort, maar dat hy toe met ‘n klip gegooi is terwyl hy in sy motor gesit het. Hy beweer dat mense van die omgewing van Eikepark die vullis daar stort.

Ettienne Roos het genoeg gehad van dié wat Eikepark bemors.

“Aangaande die studente wat kamers in huise huur, het die betrokke departemente reeds die onderskeie huise besoek. Die eienaars weet dat hulle dopgehou word en as daar enige oortredings is, sal hulle vervolg word,” het hy verder gesê.

Harrison het erken dat die buurt vir ‘n ruk lank stil was, maar dat dinge nou weer begin hand uitruk. “Daar is wel planne om dit die hoof te bied. Ons werk daaraan om die probleme te probeer oplos,” het Harrison afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button