Local newsNews

Laat jou diere inent, waarsku veearts

Randfontein Dierehospitaal se dr Henrik Naudé vertel hoe belangrik dit is om jou dier te laat inent.

‘n Troeteldier verg nie net baie tyd en aandag nie, hy kan jou ook baie geld uit die sak uit jaag.

Die Herald het onlangs by die Randfontein Dierehospitaal gaan aanklop waar dokter Hendrik Naudé vertel het hoe belangrik dit is om jou dier te laat inent.

Hendrik het vertel dat diere-eienaars hul diere om finansiële redes nie laat inent nie, maar hy glo dat mens in jou dier moet investeer om ‘n gesonde troeteldier te hê en dodelike siektes te voorkom.

Die reënseisoen het aangebreek, wat volgens Hendrik katgrieptyd is. Die siekte kom baie meer in die somer en in die reënmaande voor. Ongeveer agt uit tien diere wat katgriep opdoen, oorleef die siekte.

Hy het ‘n kort opsomming gegee van belangrike inspuitings en veeartsbesoeke vir jou troeteldier.

Die volgende riglyne geld vir honde-eienaars:

Op slegs twee weke moet jou hond vir die eerste keer die veearts besoek vir sy eerste ontwurmingsinspuiting. Op ses weke moet jou hond gespeen word en weereens ‘n ontwurmingsinspuiting ontvang.

Die inenting op ses weke is ‘n ses-in-een inspuiting teen:

• Hondesiekte

• Hepatitis

• Hardesool

• Niersiekte

• Kennelhoes

• Katgriep

Hendrik het vertel dat ‘n hond op ses weke vier maaltye per dag moet kry. Op tien weke behoort jou hond weer deur die veearts ingeënt te word teen hondsdolheid en die ses-in-een inenting ontvang.

“Jou hond behoort op ses maande gesteriliseer of gekastreer te word,” het Hendrik gesê.

Hy het ook vertel dat jou hond op dié ouderdom slegs twee maal per dag moet kos kry. Dit is ook wys om jou hond se tande te ondersoek.

Op ‘n jaar en drie maande behoort jou hond weer sy jaarlikse inspuiting te kry, wat die ses-in-een en ontwurming insluit.

Belangrike punte om te onthou:

• Jou hond behoort ook elke drie jaar sy inenting teen hondsdolheid te kry

• Tande moet jaarliks ondersoek word

• Op sewe jaar moet jou hond kos begin eet vir ouer honde

Die volgende riglyne geld vir kateienaars:

Ses weke:

• Speen

• Inenting teen katgriep

• Ontwurming

• Drie maaltye per dag

12 weke:

• Herhaling van katgriep- en hondsdolheidinenting

• Ontwurming

Ses maande:

• Die beste ouderdom vir sterilisasie en kastrasie

• Naelsverwydering

• Twee maaltye per dag

Een jaar en drie maande:

• Jaarlikse inenting teen katgriep en hondsdolheid

Ses jaar en ouer:

• Jaarlikse tande-ondersoek met inenting

• Verander na katkos vir ou katte

Inentings kan slegs deur ‘n professionele veearts verskaf en toegedien word. Die publiek kan dit nie elders bekom nie.

Belangrike inligting rondom inentings:

• Inentings kan jou dier nie 100 persent ten siektes beskerm nie

• Sommige diere is allergies vir inentings

Onthou daar is geen entstof beskikbaar teen bosluiskoors nie. Die beste manier om bosluiskoors te voorkom is om jou dier gereeld teen bosluise te behandel.

Inentings by ‘n veearts kan jou ongeveer R340 uit die sak jaag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button