Local newsNews

Dís hoe ‘n huwelik moet wees

Albei glo dat die sleutel tot 'n gesonde huwelik respek, geduld en liefde is.

Op 5 Oktober 1957 het Gerty en Izak vir ewig trou aan mekaar beloof. Vanjaar vier die Bekker-egpaar hul 60e huweliksherdenking.

Gerty, 81, en Izak, 84, se lewenspaaie het gekruis toe hulle onderskeidelik 19 en 22 jaar oud was. Hulle is kort daarna in die Ou Klipkerk in Krugersdorp getroud, met 350 gaste wat in die Krugersdorp Stadsaal onthaal is.

Hulle het ongeveer 12 jaar gelede besluit om Randfontein toe te verhuis waar hulle steeds gelukkig woon.

Izak het 47 jaar lank by ‘n plaaslike myn gewerk en Gerty was haar lewe lank ‘n gelukkige huisvrou. Hulle spog met vyf kinders, nege kleinkinders en is trots op hul een agterkleinkind.

Vir ongeveer 50 jaar het die twee saam rolbal gespeel en visgevang, maar het onlangs begin afskaal omdat hul gesondheid nie meer na wense is nie. In hul vrye tyd lees hulle graag, gesels en spandeer tyd saam met hul familie en vriende.

“Ons kleinkinders is ons oogappels,” het Gerty gesê.

Albei glo dat die sleutel tot ‘n gesonde huwelik respek, geduld en liefde is.

“Jy moet ook saam met jou eggenoot ‘n hele paar sakke sout opeet,” het Izak vertel.

Gerty en Izak se seun, ook Izak, het aan die Herald vertel dat sy ouers die toonbeeld is van wat ‘n huwelik behoort te wees. Hy het ook vertel dat hy baie bevoorreg is om nog beide ouers te kan hê.

Gerty het vertel dat hulle reeds goue jare saam gehad het en dat hulle beplan om nog ‘n hele paar jaar gelukkig saam te wees.

Die Herald wens graag vir Gerty en Izak geluk met dié besonderse mylpaal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button