‘n Dag in Sprokiesland vir dagsorgsentrum
Die onderwysers het ook elkeen soos 'n karakter aangetrek.
Bumble Bee Dagsorg het op Vrydag 6 Oktober ‘n dag in Sprokiesland beleef. Al die leerders kon soos ‘n sprokieskarakter aantrek en daar was heerlike pryse op die spel vir die leerder wat ‘n karakter die beste uitgebeeld het.
Daar was ‘n geel Minion, Spiderman, Mickey- en Mini-muis, en prinsesse.

“So ‘n dag, glo ek, help kinders om weer die innerlike kind in hulle uit te bring,” het hoof Madeleine Britz gesê.
Die onderwysers het ook elkeen soos ‘n karakter aangetrek en dit het die leerders nog meer opgewonde gemaak.
Die dagsorg is daarvoor bekend dat hulle vir soveel moontlik pret vir hul leerders wil sorg en die pretdae is altyd ‘n groot gunsteling.

Madeleine het aan die Herald vertel dat elke dag by die dagsorg vir die leerders lekker moet wees om te sorg dat die kleintjies gelukkig is.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



