Kyk wie kom volgende jaar se Skou toe
Randfontein Skou gaan volgende jaar vir die eerste keer Jo Black op die hoofverhoog verwelkom. Meer oor die 2018 Skou hier...
Jo Black, die Afrikaanse sanger wat deesdae op almal se lippe is, kom volgende jaar Randfontein Skou toe.
Die Randfontein Skou-organiseerders het onlangs die amptelike datums vir volgende jaar se skouspel bekendgemaak, wat van Donderdag 1 tot Sondag 4 Maart sal plaasvind.
Volgens Joy Hamann is die Skoukomitee druk besig om die lekkerste van lekkerste spyskaarte vir besoekers op te stel.
Ander top kunstenaars wat reeds bespreek het, sluit in Juanita du Plessis en haar twee kinders, Ruan Josh en Franja; Bobby van Jaarsveld; Jak de Priester; Die Campbells en vir die eerste keer op die hoofverhoog, Jo Black. Nog ‘n eerste vir die skou is die groot hip-hop-danskompetisie wat vir Vrydag, 3 Maart beplan word. Inskryfvorms sal middel November op hul webblad beskikbaar wees en daar is groot pryse om te wen!
Joy het ook bevestig dat die 2018 Skou se tema Brille is.
“Kom loer gerus in en kom kyk hoe die Greenhills Stadion vir vier dae lank verander in ‘n terrein vol pret, musiek, speletjies, lekker kos en kuier. ‘n Spesiale fotohoekie word geskep waar skougangers agter alle groottes en snaakse brille kan wegkruip om deel te wees van die skouplesierigheid.
Goedkoper skoutoegangskaartjies gaan reeds vanaf einde November by die Skoukantoor beskikbaar wees. Hou gerus hul Facebook-blad dop vir spesiale aanbiedinge. Dit gaan glo net vir ‘n beperkte tyd beskikbaar wees.
• Navrae: Kontak hulle gerus 011 412 2878/ 1562 of www.randfonteinshow.co.za.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



