Local newsNews

Mnr Senior RSA is ‘n Rappies-leerder!

Sy rolmodelle is 'Iron Man' Tony Stark (vertolk deur Robert Downey Junior) en Bobbie van Jaarsveld, omdat Bobby ordentlik en liefdevol teenoor ander mense optree.

Jacques du Preez, 12, ‘n Graad 6-leerder van Laerskool Rapportryer, is op 7 Oktober gekies as Mnr Senior RSA 2017. Dit was tydens ‘n galageleentheid by Wawielpark-vakansieoord.

Die kompetisie is van 4 tot 7 Oktober gehou, waartydens die beoordelaars onderhoude met die deelnemers gevoer het. Hulle het ook aan spanbou-aktiwiteite deelgeneem. Die boeresport en ander speletjies het vir groot pret gesorg.

“Die kompetisie gaan nie net oor die uiterlike nie, die fokus is daarop om ‘n verskil te maak deur liefdadigheidswerk te doen. Ek sal byvoorbeeld liefdadigheidsgeleenthede vir diere, bejaardes en vele meer bywoon,” het Jacques vertel.

Jacques het ook vele ander talente en neem deel aan sport soos judo, jukskei en hokkie, asook kultuurbedrywighede soos mimiek, koor en spreekkoor. Hy het al by die Raca en ander eisteddfods meegeding, hy volg dramaklasse by Randfontein High School (RHS) en ontvang modelafrigting.

Dit is nie moeilik om te sien hoekom Jacques met dié titel weggestap het nie. Foto ingestuur.

Jaques se boodskap aan jongmense is om nooit hul drome prys te gee nie. Hy het dit met die volgende aanhaling onderstreep, “Rather be the poorest man without a penny, than the richest man without a dream”. Hy is baie dankbaar dat God hom geseën het met soveel talente.

Jacques wil graag ‘n Hollywood-akteur of ‘n neurochirurg word. Hy het ‘n baie sterk persoonlikheid en ‘n skerp humorsin. “Jy hoef nie aan sport deel te neem om te wys dat jy ‘n man is nie. Dit is nie ‘n skande as seuns by kultuuraktiwiteite en modelwerk betrokke is nie,” het hy gesê.

Hy hou van PlayStation speel en sy rolmodelle is Iron Man Tony Stark (vertolk deur Robert Downey Junior) en Bobbie van Jaarsveld, omdat Bobby ordentlik en liefdevol teenoor ander mense optree.

Randfontein, hou hierdie seun se toekoms fyn dop!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button