
Die tyd het aangebreek vir my om my drome en passie vir sing na te jaag.
Die afgelope paar maande was beslis ‘n reis vol hoogtepunte. In die proses het ek verskeie gemeenskapslede ontmoet, lewenslange vriende gemaak en ook myself ontdek.
Wat ‘n voorreg was dit nie om deel te kon wees van die Herald-span nie. Die gemeenskap het my met ope arms ontvang. Dankie vir elke persoon wat ‘n voetspoor in my hart agtergelaat het – die bejaardes vir die heerlike gesels en die gemeenskapslede wat my ook soms laat sweet het.
Ek groet julle met ‘n leeftyd se herinneringe en ‘n dankbare hart.
My wedloop eindig egter nie hier nie. Ek sal altyd ‘n ‘Teiner bly. Kom kyk gerus hoe ek my sangdroom uitleef tydens my eerste optrede by die komende Randfontein Skou.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



