Smullekker vrugtekoekresep vir almal
'n Eenvoudige vrugtekoekresep wat jou mond sal laat water ...
Dit is amper Kersfees en weer tyd om jou sjefvaardighede in die kombuis met ‘n tradisionele vrugtekoek te toets.
Hier is ‘n eenvoudige resep deur Kreatiewe Kos Idees [https://kreatiewekosidees.com/] wat jou mond sal laat water …
Temperatuur: 160°C
Baktyd: Twee tot twee en ‘n half uur
Bestanddele:
• 250g botter
• 200g suiker
• 5 groot eiers
• 5ml vanieljegeursel
• 25ml brandewyn
• 60ml melk
• 500g koekmeel
• 10ml bakpoeier
• 2ml sout
• 250g glanskersies
• 250g sultanas
• 100g glansvrugte, gekap
• 50g ingemaakte gemmer, gekap
• 150g gemengde sitrusskil
• 100g pekanneute, gekap
Metode:
• Klop die botter en suiker saam. Klop die eiers een-een by.
• Voeg die vanielje, brandewyn en melk by.
• Hou 25ml meel eenkant en sif die res van die meel, die bakpoeier en sout saam. Vou dit by die bottermengsel in.
• Sif die res van die meel oor die vrugte en gekapte neute. Vou dit by die beslag in. Skep die beslag in ‘n gesmeerde koekpan van 23cm.
• Bak dit in die voorverhitte oond vir twee tot twee en ‘n half uur tot deurgaar.
• Drup ekstra brandewyn oor die koek terwyl dit nog warm is.
Lekker eet!
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



