Local newsNews

Feesseisoenwense van raadslede

Twee raadslede wens die gemeenskap 'n geseënde feesseisoen toe.

Die jaar is verby en ons het die goeie, die slegte en die res oorleef.

‘n Nuwe jaar met nuwe uitdagings lê voor. Die Herald en die gemeenskap het deur die loop van die jaar baie met raadslede te doen gehad en daarom het ons hulle gevra om hul feesseisoenwense aan ons lesers oor te dra.

“Hiermee wens ek die gemeenskap van Randfontein ‘n baie geseënde en gesalfde Kersfees gevul met vrede, hoop, liefde en ‘n oormaat van geluk toe. Voorspoed en genade vir ‘n wonderlike en voorspoedige nuwe jaar,” het Sina Erasmus gesê.

“Mag julle feesgety gevul wees met liefde, lag en saamwees en mag elke dag vir julle vreugde bring in die jaar war voorlê,” het Ellik de Lange gesê.

“Ek wil namens die Demokratiese Alliansie al die inwoners van Randwes ‘n Kersfees sonder kragonderbrekings toewens. Mag almal veilig wees terwyl hulle die feestyd saam met hul families en vriende geniet,” het Alwyn van Tonder gesê.

“Hiermee wens ek die gemeenskap ‘n geseënde feesseisoen toe. Mag die nuwe jaar meer werksgeleenthede bring, en mag armoede verminder word en misdaad bekamp word. Mag elke inwoner ook elke oggend sonder ‘n stankreuk in die lug wakker word. Mag 2018 ‘n jaar vol vreugde en vrede wees,” het Gerhard Kruger gesê.

Die Herald wens ook die gemeenskap ‘n geseënde en veilige feesseisoen toe.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button