Kerswense van inwoners van R’fontein
Van die raad tot die man en vrou op straat wens alle Randfonteiners 'n Geseënde Kersfees!
Die jaar is binnekort op ‘n einde en Kersfees is om die draai, maar wat 2018 gaan inhou is steeds ‘n raaisel.
Die Herald het die gemeenskap genader vir hul kerswense vir die gemeenskap.

“Ek wens ek kon vir almal ‘n bord kos op hulle tafels neergesit het. Vir die mense van Randfontein wat nie ‘n Kersete sal hê nie,” het Moreen Coetzee gesê.
“My wens vir Randfontein sal wees om ‘n skooner en slaggatvrye plekkie te wees, want op die oomblik is dit slaggate waar jy kyk en rommel oral,” het Trudie Pretorius gesê.
“Peace and prosperity to friends and family, and may 2018 be a happy and healthy year for all. Merry Christmas, ” said Bev Lahoud.
“Vrede vir almal! En laat die son oor ‘n ander skyn,” het Wilna Loots gesê.
“Vrede in Randfontein. Help mekaar. Minder misdaad. Wil nog baie lank hier woon. Kyk na ons dorp en mense, want Randfontein is tops,” het Sonja van Tonder gesê.
“Vrede, liefde en gesondheid,” het Sina Erasmus gesê.
“My wens vir die gemeenskap is dat elkeen ‘n bord kos op Kersdag sal hê en die Here elkeen in oorvloed sal seën. Ons vat baie dinge as vanselfsprekend aan, maar daar is altyd mense wat minder het as wat ons het,” het Lizelle Colsby gesê.
“Mag niemand alleen die Kersfees wees nie. Mag elkeen ‘n warm bed en ‘n dak oor hul koppe hê. Mag die Here almal seën,” het Wilhelmina Botha gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



