Is jou kind gereed vir skool?
Die eerste skooldag is soms vir die ouers meer as vir die kind self 'n traumatiese en emosionele ervaring.
Vroeërjare moes kinders met hul regterhand bo-oor hul koppe hul linkeroor kon raak of andersom om ‘skoolgereed’ te wees. Deesdae is dit ‘n heel ander storie.
Die Herald het ‘n Graad R-onderwyseres, Marli Potgieter gevra hoe ouers sal weet of hul kind skoolgereed is.
Ouers met kinders in Graad R wonder gewoonlik of hul kinders gereed is vir dit wat vir hulle op skool voorlê. Marli glo egter dat die familie en gemeenskap bydra tot skoolgereedheid.
Almal weet dat kinders se vormingsjare, spesifiek van geboorte tot vyfjarige ouderdom, ‘n groot invloed het op hul vermoë om te leer en van hul skoolloopbaan ‘n sukses te maak. Die kwaliteit van hul voorskoolse onderrig is gevolglik van kardinale belang.
Die eerste skooldag is soms vir die ouers meer as vir die kind self ‘n traumatiese en emosionele ervaring.
Hoe oorleef jy en jou kind die eerste skooldag?
• Maak jou kind opgewonde deur hul skoolbenodighede vroegtydig te koop en saam te merk. (Mens kry selfs oulike plakkers.)
• Maak skoolklere koop ‘n opwindende uitstappie. (Deel foto’s met vriende en familie.)
• Weet die volgende: ‘n Bekwame onderwyseres gaan jou kind verwelkom en ontvang, en jou altyd op hoogte hou van sy/ haar vordering en ook emosionele welstand.
Onthou, met ‘n Graad R-onderwyser is daar altyd ‘n mamma by die skool.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



