MunicipalNews

Verkeersirkel-kopseer in Randgate

Randfonteiners is nie gewoond aan sirkels nie. Dit is iets nuut vir hulle – inwoner op sosiale media oor verkeersirkel by winkelsentrum.

Die verkeersirkel in Malanstraat langs die Tambotie-winkelsentrum is nou al ‘n geruime tyd onder bespreking.

Die gemeenskap het hul mening op sosiale media gelug nadat die Herald gevra het of hulle dink dat die verkeersirkel by die winkelsentrum meer sigbaar vir voertuigbestuurders gemaak moet word, veral in die nag.

‘n Motoris ry om die verkeer sirkel in Malan straat.

Inwoners het onder andere só op die vraag gereageer:

• They should take it away and make it a 4-way stop; this circle will cause lots of accidents.

• If they take the circle away they are just going to speed across, like at all the other stop signs.

• Vat dit weg, sit ‘n vierrigtingstop daar.

• Sit net die nodige waarskuwingstekens/ -borde op. As die sirkel weg geneem word en ‘n stopstraat daar gesit word sal padgebruikers doodeenvoudig nie stop nie. Die robot by Tambotie Winkelsentrum word dan verontagsaam; hoekom sal ‘n stopstraat werk?

• Baie goeie besprekingspunt. 99 persent stop net nie meer nie! Ek was vanmiddag in Carletonville, waar ‘n man dubbel parkeer het. Die Verkeer het by hom gestop, sy sirene twee keer aangesit en uitgeklim, en hom ‘n boete gegee. Ons sien nie eers verkeersbeamptes nie.

• Mense het geen idee hoe om om daai sirkel te ry nie. Baie het al vergeet om hulle flikkerligte of die regte baan vir die afdraai te gebruik. Dit is ‘n mors van tyd.

Lees ook: #ThrowBackThursday: Tambotie Mall one week young

• Bring net meer waarskuwingstekens aan. Die sirkel help darem dat jaagduiwels nie oor die robot jaag nie.

• Ek stem 100 persent saam. Hulle gaan iets moet doen daar. En nog ‘n ding, Randfonteiners is nie gewoond aan sirkels nie. Dit is iets nuut vir hulle. So hulle moet soos babatjies geleer word hoe ‘n sirkel werk.

• Ongelukkig werk die sirkel nie so nie. As jy van Greenhills se kant af kom is daar by die sirkel twee bane. Die linkerbaan se padteken wys dat jy daardie baan net kan gebruik om links te draai na die winkelsentrum toe, waar die ander baan gebruik word vir regs draai.

• Too many get confused and others just ignore it and do not stop. Even in the daytime.

• Verf die hele gedoente geel, dan is hy meer sigbaar.

• Sal beslis beter wees.

• Dis pateties en die muur blok jou sig as jy daar uitkom.

• ‘n Drie- of vierrigtingstop sal ook werk.

• Nie sigbaar nie, dit moet weggevat word.

• Verander verkeersirkel na vierrigtingstop, met spoedhobbels.

• Dit is hoekom ‘n mens hoofligte het en nie jaag in die aand nie.

• Daardie hele sirkelopset is swak beplan, nie sigbaar genoeg nie en mense op pad robot toe van Greenhills af ry soms net reguit aan reg in die verkeer van die robot se kant af. Baie Randfonteiners weet ook nie hoe ‘n sirkel benader moet word en wie vir wie moet toegee nie.

• Los die sirkel. Hy is reg daar as jy weet hoe hy werk.

• Dis baie gevaarlik. Ja, maak die sirkel sigbaar met katogies en borde.

• I agree that people need to be educated how a circle works. Also needs to be well demarcated for road users. I think this particular circle was not very well designed and looks like an afterthought. Keep the circle, redesign and demarcate correctly.

• Ek haat daardie sirkel, uiters gevaarlik en onsigbaar

• Ligte sal waardeer word, baie donker in die aande, het nou die aand ‘n paal in die pad opgetel wat iemand daar uitgery het.

• Miskien ‘n lig in die middel en katogies om die sirkel.

• Gee hom water, miskien sal hy groei om ‘n volwaardige sirkel genoem te word. Eerstens meeste mense weet nie hoe die padreëls rondom ‘n “sirkel” werk nie en tweedens kort daar meer waarskuwings dat daar n “sirkel” is.

Ellik de Lange, DA-raadslid vir Wyk 5, het gesê dat hy reeds verlede jaar hierdie probleem en die verkeerslig voor die winkelsentrum met die Verkeershoof en ander persone wat betrokke is op die toneel bespreek, en dat hy nog vir terugvoering wag.

De Lange sê hy het gevra vir ‘n lig wat op die sirkel skyn, katogies,dat hulle die sirkel verf, en dat daar stopstrate ook geplaas moet word. Dit was aangevra by hulle vergadering verlede jaar Oktober.

Hy het ook gevra vir ‘n teken voor die sirkel, wat wys jy moet links draai, na die ingang van die winkelsentrum toe. Die verkeers sirkel se teken is omtrent al ‘n maand nie daar nie. Niks is so vêr gedoen nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button