Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #48 – Phillip Opperman

Die 48e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Phillip Opperman, 59, ‘n groot optimis wat glo destyds in ‘n musiekgroep saam met PJ Powers gespeel het, het die Herald meer oor homself vertel.

Phillip, ‘n Distribusiebestuurder by die Caxton-groep, het gesê hy is baie lief vir sy werk, waar elke dag anders is. Hy geniet die mense saam met wie hy werk, en het ook ‘n baie sagte hart en respek vir bejaardes.

Phillip is gelukkig getroud, en het een seun van 34 jaar oud. Hy bly al tien jaar lank in Randfontein. “Ek hou daarvan om hier te bly, dit is rustig, en die inwoners hier is plat op die aarde,” het hy vertel.

Hy sê sy gunsteling vakansieplek is die Kaap, en dat hy definitief die see bo die bosveld verkies. Phillip glimlag altyd en glo daarin om positief te wees. Hy het ook op sy dag groot rugby gespeel, en was in die weermag.

As hy homself ‘n naam kon gee in Randfontein, sal dit “Go-getter” Phillip wees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button