Local newsNews

Westonaria-perdenooi is Mev Klassiek Heelal!

Rosa van Westonaria het die Mev Klassiek Heelal-titel in Bulgarye gewen!

Rosa van Niekerk, 42, die huidige Mev Grand Suid-Afrika, het die Mev Klassiek Heelal-titel op 21 Januarie in Bulgarye gewen. Die Eerste prinses is Mev Indië en tweede prinses is Mev Singapoer.

Vroue van 40 jaar en ouer kon aan die kompetisie in die afdelings vir Nasionale kostuum, Talent en Aanddrag deelneem.

Vir die talentafdeling het Rosa ‘n toespraak gelewer en haar boodskap van ‘Get up, Pray up, Crown up and Rise up’ het die gehoor en beoordelaars beïndruk.

Lees meer oor Rosa hier: Resident finalist for Mrs GRAND South Africa 2017

Haar nasionale kostuum, wat ‘n proteablom uitbeeld, is ontwerp deur Miss Boss Couture en haar aanddrag is geborg deur Kyna Consili.

Rosa is getroud, het twee dogters en haar eie prokureurspraktyk in Westonaria. Sy doen liefdadigheidswerk, veral onder mishandelde vroue en kinders.

Sy is ook ‘n gekwalifiseerde grimeerkunstenaar.

Die deelnemers aan die Mev Klassiek Heelal-kompetisie is getrakteer op toere deur die Bulgaarse hoofstad Sofia. Die kroningsaand het in die balsaal van die Montecito Hotel in die stad plaasgevind.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button