Local newsNews

Februarie is Swangerskapopvoedingsmaand

Kindergeboorte-opvoeding bemagtig jou vir geboorte.

Februarie is Swangerskapopvoedingsmaand en die veldtog rondom swangerskap beklemtoon hoe kindergeboorte-opvoeding ouers bemagtig om ʼn beter geboorte-ervaring te hê.

Geboorte is die mees natuurlike proses op aarde en tog het studies getoon dat een uit elke vier vroue die geboorteproses as traumaties beskryf, en tot 20 persent aan die kriteria vir post-traumatiese stressiekte voldoen.

Dit het ook getoon dat vroue wat kindergeboorte vrees se bevalling langer duur en meer geneig is om ʼn noodkeisersnee te eindig.

Daar is ʼn verband tussen ʼn gebrek aan kennis, vrees en die ervaring van kindergeboorte.”

So sê Lynne Bluff, nasionale koördineerder van die Professionele Forum vir Kindergeboorte-opvoeders, wat nasionaal in vennootskap met Bio-Oil en hospitale vir die “Bemagtiging vir Geboorte”-veldtog in Swangerskapopvoedingsmaand saamspan.

Goeie voorgeboorteklasse, sê Bluff, sal ouers toerus met kennis van die voor- en nadele van alle beskikbare geboorte-opsies, asook met praktiese wenke en tegnieke vir die geboorte en tyd daarna.

Kindergeboorte-opvoeders is gewoonlik verpleegsters, vroedvroue en ouers wat beide professionele kundigheid en persoonlike ervaring kan deel. Klasse word by talle hospitale, klinieke en private praktyke aangebied.

“Ons glo dat wanneer ouers ingelig is sal enige soort geboorte, van tuisgeboorte tot ’n keisersnee, ʼn bemagtigende ervaring wees. Dit verander van ʼn potensieel oorweldigende ervaring na een wat vervullend, positief, en bowenal voordelig vir moeder en kind is,” sê Anna Guerin van Bio-Oil.

“Daar is bloot geen plaasvervanger vir bewysgebaseerde inligting verskaf deur gekwalifiseerde en ervare beroepslui nie. Met kindergeboorte-opvoeding van gehalte word ouers op ʼn vertroostende en ondersteunende manier bemagtig en behoorlik voorberei,” sê Bluff.

Om ʼn kindergeboorte-opvoeder in jou gebied op te spoor, of vir meer inligting oor kindergeboorte-opvoeding en aktiwiteite tydens Swangerskapopvoedingsmaand, besoek https://www.PregnancyEducation.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button