Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #49 – Magdalena Magrieta (Maggie) Steyn

Die 49e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Ontmoet vir Magdalena Magrieta (Maggie) Steyn, die 49e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog.

Maggie, soos talle haar ken, is ‘n Randfonteiner in murg en been. Sy is 45 jaar oud en is hier gebore, het hier grootgeword en is ‘n bekende in die Randfontein Publisiteitsvereniging-kringe.

Sy is reeds in haar 10e jaar as ‘n uitstaller-koördineerder vir die Randfontein Skou. Voordat sy by die RPA betrokke geraak het, het sy 13 jaar lank vir ‘n drukkersmaatskappy gewerk.

Sy het drie kinders (twee seuns en ‘n dogter) en is getroud met Mario. Hulle woon in Ten Acres.

Wat haar skoolloopbaan aanbetref was sy ‘n leerder van Laerskool Kocksoord (nou Avantè) en die Hoërskool Goudrand (nou Riebeeckrand).

Gevra hoekom sy juis die dorp Randfontein kies, het Maggie geantwoord, “Daar is nie ‘n dorp met ‘n mooier sonsondergang as Randfontein nie. Die natuur is mooi en as mens vroeg opstaan kan jy selfs die hane hoor kraai. Ek is nie ‘n stads-girl nie en sal nie in die stad kan woon nie.”

En as Maggie nie by die werk is nie, gee sy aandag aan haar kinders. “Ek geniet dit om tyd saam met my familie en kinders te spandeer. Sondae is my tyd wanneer ek my dinge by die huis in orde kry en as ek regtig tyd het, geniet ek tuinmaak.”

‘n Bynaam wat sy vir haarself sou gee is ‘Miertjie’. Volgens Maggie is dit ‘n naam wat haar man uitgedink het want sy is altyd besig en weet nie hoe dit is om stil te sit nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button