Local newsNews

Angus Buchan kom Skou toe

Organiseerders het bevestig dat die wêreldbekende boer en prediker, Angus Buchan na vanjaar se Randfontein Skou toe kom.

Op Sondag, 4 Maart, die laaste dag van vanjaar se Randfontein Skou kan mense van oral, nie net die Wes-Rand nie, die geleentheid kry om na die wêreldbekende boer en prediker, Angus Buchan te luister.

Angus, wie se lewensverhaal in die fliek Faith like Potatoes vele Suid-Afrikaners se harte aangegryp het, bring ‘n boodskap van hoop om besoekers aan te moedig om op te staan en te bly vertrou, ongeag hul omstandighede. Angus se onwrikbare geloof, deursettingsvermoë en vertroue in die almag van God is ‘n groot inspirasie vir duisende. Hy preek uit die hart met oortuiging en passie.

Die Skou-toegangshekke, kos- en koeldrankstalletjies open reeds om 6vm op Sondagoggend, 4 Maart sodat besoeker heerlike kos, warm koffie en koue koeldrank kan koop. Eie verversings en drinkgoed word nie toegelaat nie.

Die krieketveld – waar Angus gaan praat – grens aan Noordweg en is maklik toeganklik.

Skou-organiseerders versoek besoekers om hul eie stoele of komberse te bring. Parkering binne (R25) en buite (R20) die skougronde (Greenhills Sportstadion) is beskikbaar met genoegsame sekuriteit en toiletgeriewe.

Samesang begin om 8.30vm en Angus bring sy boodskap vanaf 9.30vm. Sy boeke en DVD’s sal te koop wees by die CUM Boeke-stalletjie by die krieketklubhuis.

Daarna, om 11.15vm, tree onder andere Juanita du Plessis en haar kinders Franja en Ruan Josh op die hoofverhoog in die Skou- markiestent op. Die Skou sluit om 5nm.

Normale toegangsgelde vir die Sondag is van toepassing, maar goedkoper kaartjies vir volwassenes is tot 28 Februarie beskikbaar teen R70 (R25 goedkoper). Besoek www.randfonteinshow.co.za vir meer inligting oor voorafverkope, persele asook die volledige program. Kaartjies is ook beskikbaar by Computicket.

Nooi u vriende en familie en kom wees deel van die grootse geleentheid!

• Navrae: Skoukantoor 011 412 2878/1562 of https://www.randfonteinshow.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button