MunicipalNews

Straatname oorgeverf – Hier is hulle!

AfriForum-lede was die afgelope naweek besig om straatname op randstene te verf. Hier is die areas wat hul tot dusver gewerk het ...

AfriForum is op ‘n missie om straatname op die randstene in Randfontein te verf. Op plekke waar daar nie randstene is nie, het die spreekwoordelike boer ‘n plan gemaak en die name op betonstene op die sypaadjie aangebring.

Die Herald het op Saterdag, 10 Februarie gesien hoe nege AfriForum-lede op bepaalde plekke twee-twee in die hittige son dié taak verrig. Hulle het stensils gekoop en vrywilligers soos Angelique van Vuuren, Rico du Plessis, Martin Botha, Marchant van Vuuren, Cybil Viljoen, Chris Fuhri en Monique van Vuuren het die straatname met swart sproeiverf op die geelgeverfde randstene aangebring.

Lees ook: Lang lys om dorp reg te ruk

Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak het gesê, “Ons het reeds op Saterdag, 3 Februarie met die projek begin en straatname in Greenhills, Homelake, Randgate, Randpoort asook tussen Culemborgpark en Helikonpark begin verf. Ons sal hierdie week met die plotte begin.”

Baie inwoners het positiewe kommentaar gelewer op AfriForum se onbaatsugtige diens. ‘n Paramedikus het aan die Herald gesê dat nie net die inwoners daarby baat nie, maar ook die polisie, nooddienste en gemeenskapspolisiëringforums.

“Dit vat baie tyd, maar dit is alles die moeite werd,” het Matie Botha gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button