Leer ‘n Teiner ken #52 – Daniel Venter
Die 52e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.
Daniel Venter, 24, is dié week se Teiner, en die Herald het hom ontmoet waar hy langs die pad met sy perd gestaan het.
Daniel het duidelik ‘n hart vir perde. Jy kan dit in sy oë sien. Hy is van jongs af lief vir perde en rig hulle die afgelope sewe jaar af. “Perde is ongelooflik. As ek die dag af voel, gaan ek na my perd toe. Hulle is baie goed vir ‘n mens se siel en kan jou emosies aanvoel,” het hy vertel.
Daniel wat in Randgate woon het gesê hy hou van Randfontein se atmosfeer. Al is hy ‘n perdeman, is pasta sy gunsteling kos. Hy verkies die bos bo die see, en hy is baie lief vir boeremusiek.
Toe die Herald hom gevra het hoe hy homself sou noem, het hy gesê almal noem hom reeds die Horse whisperer.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!


