Local newsNews

Red só jou en jou gesin se lewens

Moet ook nie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of by jou voordeur neergesit word nie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het onlang die volgende inligting rakende inwoners se veiligheid vrygestel. Dit is op verskeie sosialemedia-groepe in Randfontein versprei.

Hier is die veiligheidswenke wat jou lewe en dié van jou geliefdes kan spaar:

As die krag afgaan, moet veral nie as dit reeds donker is, uitgaan om by die kragboks te kyk wat fout is nie; kry eers hulp van buite af. Dit geld ook wanneer water onverklaarbaar uit die buitekrane loop. Moet nie uitgaan as iemand om “hulp roep” of “gewond” by jou huis aankom nie – bel die nooddienste soos die polisie, ambulans, sekuriteitsreaksie-eenheid, buurtwag en/ of gemeenskapspolisiëringsforum.

As die polisie onverwags by jou woning opdaag, moet hulle nie binnelaat alvorens jy die polisiestasie gekontak het en gevra het waarom hulle uitgestuur is nie. Moet ook nie uitstorm as jou voertuigalarm afgaan nie. Dit kan op gevaar dui.

As jou hond(e) verwoed blaf, bly in die huis en kommunikeer dit op die onderskeie groepe, of stel jou sekuriteitsmaatskappy in kennis. Moet ook nie gaan kyk hoekom “huil ‘n baba” by jou kamervenster of by jou hek nie – dit kan jou jou lewe kos.

Moet ook nie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of by jou voordeur neergesit word nie. Bel jou sekuriteitsreaksie-eenheid, buurtwag of die DBV om uit te kom.

Moenie snags reageer op “hulproepe” van jou werkers nie. Reël vooraf met hulle dat hulle jou byvoorbeeld in ‘n mediese noodgeval kan bel sodat jy ‘n ambulans kan ontbied.

Moenie deur verkoopsfoefies of herstelwerkfoefies, opnametruuks of werksoektruuks geflous word nie. Moet nie ‘n vreemdeling binnelaat tensy die persoon vooraf ‘n afspraak gemaak het nie.

Moet geen vreemdes by, in of naby jou huis toelaat nie – bedags of snags. Hanteer dit altyd as ‘n moontlike roof / plaasaanval as daar vreemdes per voertuig of te voet aankom. Roep onmiddellik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom.

Sorg ook dat jou bure oor hierdie wenke ingelig word. Praat met mekaar, al is dit drie-uur in die oggend. Dra mekaar se veiligheid op die hart.

Hou al die noodnommers van die nooddienste, polisie, buurtwagte en sekuriteitsreaksie-eenhede op jou selfoon en roep altyd eers hulp van buite af in om jou eiendom te beveilig voor jy self in gevaar kan wees.

Bron: Marius van Huysteen/ GPF Wheatlands 5A.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button