Local newsNews

#Leer ‘n Teiner ken 55 – Michelle van Wyk

Die 55e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Wanneer jy Michelle van Wyk, 40, ontmoet, kom jy agter dat dié liefdevolle, saggeaarde en gelowige mens baie vir haar medemens omgee.

Michelle het haar eie naelversorgingsonderneming en ook ‘n hoenderbesigheid. Dié besige vrou reël boonop funksies, doen baie liefdadigheidswerk, behartig fondsinsamelings en is lief daarvoor om mense in nood te help. Dit doen sy alles met die hulp van die Here.

Sy is getroud met Kobus van Wyk, en het een kind. Sy is in Germiston gebore en woon reeds 14 jaar in Randfontein. Haar gunsteling plekke wat sy sal wil besoek is Golgota en Jerusalem.

Sy is definitief ‘n seemens, en hou graag aan die Suidkus vakansie. Op ‘n slegte dag sal sy haarself ‘n rukkie afsonder en bid. Daarna is sy weer aan die gang, so besig soos ‘n by. Sy is ook baie lief vir tuinwerk en maak haar hande so vuil as moontlik wanneer sy in die grond werk.

Die donker tye in haar lewe was toe haar ma op die ouderdom van 52 oorlede is. Haar sussie, wat 36 is, ly aan nierversaking, is blind en kry dialisebehandeling.

As sy ‘n naam vir haarself in Randfontein kon gee, sou dit wees On-the-go-Michelle.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button