Wynand – Randfontein se stukkie sonskyn
Daarna het briewe begin instroom waarin vertel is hoe behulpsaam Wynand is.
Wynand Enrique Kaltwasser, 25, is ‘n bekende naam en gesig in Randfontein, maar nie sonder goeie rede nie …
Wynand is ‘n werknemer van Mapogo A Mathamaga Business and Community Shield. Die Herald het hom egter reeds in 2016 ontmoet toe hy as ‘n sekuriteitswag in diens van Maxi Sekuriteitdienste by ‘n bekende winkel in Randgate gewerk het. Dit was duidelik hoekom inwoners soveel lof vir hom gehad het.
Daarna het briewe begin instroom waarin vertel is hoe behulpsaam Wynand is. In Junie 2017 het hy by Mapogo werk gekry, waaroor hy so bly was.
Omtrent ‘n maand gelede het Wynand se areabestuurder gesê dat Hoërskool Riebeeckrand hom baie graag in diens wil neem. Die Herald het by die skool met hom gesels, en hy het vertel hoe gelukkig hy daar is.
Deur sy skryfwerk en sy geloof in God het hy baie mense op sosiale media geïnspireer en hoop gegee. “Ek skryf wel in ‘n boek, maar sit net ‘n paar gedagtes op sosiale media. Dit is nie altyd gedigte nie; partykeer is dit Christelike boodskappe en ander kere is dit stories.
“My geloof is deur my ma versterk. Sy het my van kleins af kerk toe gevat, en geleer dat daar altyd hoop is. My raad aan dié wat voel daar kom heeltyd slegte dinge oor hul pad, is dat God jou net wil versterk sodat jy sterker anderkant kan uitkom,” het hy gesê.
Hier is ‘n uittreksel uit een van die stukke wat hy op sosiale media geplaas het:
“Die verlede is in die verlede. Mense moet leer om die verlede agter te laat al is dit hoe seer. Dit het gebeur en is oor en verby. As jy die heeltyd aan die verlede bly vasklou gaan jy nooit vorentoe in die lewe kom nie want jou ‘ou hoofstuk’ pla jou nog steeds.. Dit wat was, was … en dit wat is, is. Moenie jou verlede saam met jou sleep nie, fokus eerder op die hier en nou!! Want so gaan jy baie mense aanmoedig om in jou kring te wees!! As jy heeltyd die verlede saam met jou sleep, gaan jy ander mense in die proses saam afsleep en iewers langs die pad gaan jy hulle verloor. Wees eerder positief! Fokus op dinge wat saak maak!
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!


