Mejuffrou en Meneer R’fontein-glansgeleentheid dié naweek!
Die Mnr, Mev en Mej Randfontein Randfontein-glansgeleentheid is vanaand!
Omstreeks 5nm op Saterdag, 28 April word die Mnr, Mev en Mej Randfontein-glansgeleentheid by Vredenvlucht in Loumarina aangebied.
Dit belowe om ‘n groot geleentheid te wees. Die Mnr, Mev en Mej Randfontein Randfontein Skouspel is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie maar ‘n deurlopende jaarlange skouspel en bemagtigingsprogram waardeur daar ambassadeurs vir ons dorp gesoek word.
Volgens ds Johan van der Merwe is, “Uiterlike skoonheid en loopplankpersoonlikheid maar net twee dele van ‘n baie groter geheel van die titels. Omgeeharte, uitmuntende publieke persoonlikheid, goeie maniere en bereidwillige hande vorm ‘n baie belangrike deel van die groter geheel van die hoogste dorpstitel.”
Die organiseerders se harte klop vir Randfontein en wil graag deur die skouspel deelnemers begelei op ‘n avontuurreis in plaaslike gemeenskapsbetrokkenheid asook persoonlike mensweesontwikkeling.
Morné JK van Jacaranda 942 gaan die seremoniemeester wees en die bekende sanger, Tanya V asook Francois Olivier gaan optree.
Daar is 11 kategorieë en dit is soos volg: Mej Randfontein 4 tot 6 jaar, Meneer Randfontein 4 tot 6 jaar, Meneer Randfontein 7 tot 9 jaar, Mejuffrou Randfontein 7 tot 9 jaar, Mejuffrou Randfontein 10 tot 13 jaar, Meneer Randfontein 14 tot 17 jaar, Mejuffrou Randfontein 14 tot 17 jaar, Mnr Randfontein 18+ jaar en Mej Randfontein 18+jaar. Dan is daar natuurlik Mev Randfontein.
Vredenvlught se adres is Louisweg 5, Loumarina.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



