Local newsNews

Barmhartige grimeerkunstenaar wil matriekdogters help

Grimeerkunstenaar wil twee matriekdogters se aand maak deur hul gratis op te dollie.

Michelle Damand, 22, is ‘n grimeerkunstenaar wat ‘n verskil wil maak.

Sy wil graag twee minderbevoorregte matriekdogters se grimering gratis vir hul matriekafskeid doen.

Volgens Michelle het sy dit self nie te breed gehad met haar matriekafskeid nie.

“Ek glo dat grimering ‘n meisie bemagtig en selfvertroue gee. As sy soos ek ‘n introvert is, sal dit haar net daardie ekstra bietjie moed gee,” het sy gesê.

Michelle was in Hoërskool Jan Viljoen en het ‘n sesweke-grimeerkursus deurloop waartydens sy geleer het om grimering vir bruide, matriekafskeid- en ander funksies te doen.

Michelle Damand, wat twee meisies se matriekafskeid ekstra spesiaal wil maak.

Sy het tans nog ‘n ander voltydse werk, maar droom daarvan om voltyds net grimering te doen. Sy is een van ‘n tweeling, en gaan ook haar sussie, wat ‘n finalis vir Mej Randfontein is, se grimering doen.

Die Herald het haar gevra hoeveel grimering ‘n vrou na haar mening moet dra, waarop sy geantwoord het dat ‘n mens jou natuurlike kleur net moet uitlig.

Meisies wat nie spesiale grimering vir hul matriekafskeid kan bekostig nie, kan vir Michelle skakel by 073 500 5340. Hulle kan dalk een van die twee gelukkiges wees!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button