Leer ‘n Teiner ken #65 – Chevonne Buitendag
Die 65e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.
Ontmoet vir Chevonne Buitendag, 31, die 65e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog.
Die Herald het op Dinsdag, 22 Mei meer oor haar geleer asook gesien hoe sy haar passie uitleef om kleuters meer van die Here te leer. Sy gebruik ‘n Amerikaanse leerplan wanneer sy die kleuters onderrig.”Dit is my gawe en my passie,” het sy verduidelik.
Chevonne werk al nege jaar met kleuters en is die afgelope drie jaar die hoof by Little Angels Kleuterskool.
Sy en haar man, Chris en hulle twee kinders van onderskeidelik drie en vyf jaar oud woon reeds 10 jaar in Randfontein.
Hulle hou van jag en natuurlik die bosveld, maar seekos is haar gunsteling. Sy luister graag na Christen-musiek.
In plaas daarvan om ‘n klok te lui om aan te dui wanneer die skooldag begin en eindig, blaas sy op ‘n horing. Sy spreek haar sterk teen rassisme uit, en het gesê dat die wit en swart kleur wat haar kleuterskool geverf is, ‘n simbool daarvan is.
As sy die dag af voel, bid haar huishulp, Aletta (Tseuoa Nthabeleng, 30) vir haar – iets wat Aletta in elk geval soggens en saans doen.
Sy het gesê sy hou van Randfontein want die gemeenskap is na aan mekaar, en almal ken almal.
“Caring Chevonne ” is die naam wat sy haarself in Randfontein sou gee.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



