Ellik de Lange, raadslid vir Wyk 6 het vanoggend (28 Mei) die Herald besoek om ‘n dankieboodskap aan die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit oor te dra.
“Ek wil baie dankie sê aan die munisipaliteit dat hulle Kennethweg en Greenhillslaan herstel het. Dit word opreg waardeer.”
Hulle het twee weke gelede met Greenhillslaan begin en verlede week die werk aan Kennethweg afgehandel.
“Dit was hoog tyd want die hoofstrate moet elke 20 jaar herseël word. Dit was baie belangrik dat Kennethweg en Greenhillslaan as hoofstrate eerste aandag kry,” het Ellik gesê.
Daar is nog baie ander paaie, soos Lark Crescent, waar herstelwerk dringend nodig is.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!






