Daar is baie inwoners wat gereeld kla oor munisipale probleme. Craig Harrison, DA-raadslid vir Wyk 7, probeer om ’n verskil te maak.
Die slaggate in Jakarandastraat langs Hoërskool Riebeeckrand is onlangs met teer gevul. Volgens Harrison is dit ’n hoëverkeerarea en belangrik om so ’n pad te onderhou.

Die regmaak van die slaggate in Jakarandastraat is net ’n druppel in die emmer. Die volgende straat wat herstel gaan word is Tulbachlaan. Talle ander strate in Harrison se wyk is reeds reggemaak.
“Ons gebruik kontrakteurs om die strate te herstel, en hulle werk vinnig en effektief. Ek probeer om probleme in my wyk vinnig uit te sorteer,” het Harrison gesê.
Harrison het ’n WhatsApp-groep waarop inwoners in sy wyk klagtes onder sy aandag kan bring. Kontak hom gerus by 083 325 0151 om deel van dié groep te wees.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



