CrimeNews

Kleuterskool reik uit na kleuterskool

Little Angels Dagsorgsentrum het op Mandela Dag opvoedkundige boeke en speelgoed aan die Bosa-Boselle kleuterskool naby Mohlakeng geskenk.

Little Angels Dagsorgsentrum sien nie net na kinders om nie, hulle gee ook terug.

Chevonne Buitendag, die hoof van Little Angels asook twee van haar personeellede, Emily Morapedi en Demi Morton het op Mandela Dag opvoedkundige boeke en speelgoed aan die Bosa-Boselle kleuterskool in ’n informele nedersetting naby Mohlakeng geskenk.

Little Angels Day Care Centre het balonne in die lug laat opgaan om Nelson Mandela se 100ste verjaarsdag saam met Bosa-Boselle te vier. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hoewel Johannah Seeri, die hoof van dié kleuterskool, 15 kinders oppas en opvoed, het sy nie baie opvoedkundige hulpbronne nie.

“Ons het vir hulle tafels en stoele, opvoedkundige plakkate, boeke en opvoedkundige speelgoed geskenk,” het Chevonne gesê.

“Dit maak my hartseer om te dink dat ons albei hoofde van kleuterskole is, maar dat hulle nie eers die basiese noodsaaklikhede kan bekostig nie. Dis nie die ideale omstandighede om in te leer nie,” het sy bygevoeg.

Volgens Chevonne hou hul liefdadigheid egter nie met Mandela Dag op nie. Sy hoop dat sy met die hulp van donasies van besighede vir Johannah kan help om hul kleuterskool op te gradeer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button