Dorp-veiligheid: ‘Ons kan nie slegs op die staat vertrou nie’
AfriForum-buurtwagte aan Wes-Rand en in Vaaldriehoek neem aan nasionale patrollie deel.
Die AfriForum-buurtwagte in Roodepoort, Vanderbijlpark en Randfontein het op Vrydag, 20 Julie aan die burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.
Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek het gesê tydens die patrollie het 146 patrolleerders van die AfriForum-buurtwagte in 92 voertuie nagenoeg 4 070km afgelê en drie voorvalle suksesvol in samewerking met die polisie hanteer.

Twaalf ander veiligheidsinstellings het saam met AfriForum aan die patrollie deelgeneem, onder meer gemeenskapspolisiëringsforums, sekuriteitsmaatskappye, die polisie en ander privaat buurtwagte.
“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” het Dewet gesê.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie slegs op die staat vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling betrokke.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



