MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Begraafplaas deesdae ‘n parkeerterrein?

VIDEO: Volgens 'n raadslid ry voertuie gereeld deur die heining van die Greenhills Begraafplaas en misdadigers vlug deur dié openinge van misdaadtonele in die omgewing af weg.

Die afgelope naweek het nog ’n voertuig deur die Greenhills Begraafplaas se heining gery. Daar is nog drie ander plekke waar die begraafplaas se heining op soortgelyke wyse beskadig is.

Volgens DA-raadslid, Peter Dick, ry voertuie gereeld deur die betonheining van die Greenhills Begraafplaas en misdadigers vlug deur dié openinge van misdaadtonele in die omgewing af weg.

“Motoriste ry te vinnig om die draai by die begraafplaas, verloor beheer ry deur die heining. Dit gebeur so gereeld dat ek die munisipaliteit al gevra het om paaltjies voor die heining te plant om dié tipe ongelukke te probeer verhoed,” het Peter gesê.

Peter Dick waarsku dat dié openinge in die heining ‘n maklike ontsnaproete vir misdadigers bied. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hy is ook besorg oor die feit dat die beskadigde heining ‘n maklike ontsnaproete vir misdadigers bied.

“Hulle pleeg ’n misdaad aan die een kant van die begraafplaas en dan wag ’n kar vir hulle aan die anderkant. Dit is dus belangrik dat die heining onderhou moet word,” het hy gesê.

Buiten die drie stukkende plekke in die begraafplaas se heining, is ’n stuk van ‘n muurtjie in die Joodse gedeelte van die begraafplaas ook omgery.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button