MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Die rioolprobleem in Greenhills

VIDEO: Rioolblokkasies is 'n groot probleem in Greenhills en dit is wat die raadslid te sê gehad het.

Rioolblokkasies is ‘n groot probleem in Greenhills en Ellik de Lange, DA-raadslid van Wyk 6, doen sy bes om dit op te los.

Daar is twee spesifieke rioolprobleme wat De Lange al vir byna ‘n maand lank elke dag aan die munisipaliteit rapporteer.

Volgens hom het munisipale werkers uiteindelik op Maandag, 10 September, aandag aan die probleem op die hoek van Nerinesingel en Palmlaan gegee, maar hulle het die mangat net so oop gelos en hulle het nie die gestorte riool skoongemaak nie. Die ander groot rioolprobleem in Greenhills is op die hoek van Mimosalaan en Nightingaleweg.

Die rioolprobleem op die hoek van Mimosalaan en Nightingaleweg is steeds nie opgelos nie en volgens De Lange veroorsaak die rioolwater slaggate in die paaie. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Voordat die drein op die hoek van Nerinesingel en Palmlaan reggemaak is, het een van die inwoners doeke in die rioolwater opgetel. Ons het ook messe en vurke, potlode en stukke beton uitgehaal. Dit alles verstop die drein. Die rioolwater het 400m ver in die straat afgespoel voordat dit in ‘n stormdrein ingeloop het. Ek het die afstand gemeet,” het hy gesê.

Hy het ook gewaarsku dat die oop mangat ‘n veiligheidsrisiko inhou. Die gestorte riool en toiletpapier lê nog in die strate en volgens De Lange is dit die munisipaliteit se verantwoordelikheid om dit op te ruim.

Die rioolprobleem op die hoek van Mimosalaan en Nightingaleweg is steeds nie opgelos nie en volgens De Lange veroorsaak die rioolwater slaggate in die paaie. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die rioolprobleem op die hoek van Mimosalaan en Nightingaleweg is steeds nie opgelos nie en volgens De Lange veroorsaak die rioolwater slaggate in die paaie.

Rioolblokkasies is ‘n groot probleem in Greenhills en Ellik de Lange, DA-raadslid van Wyk 6, doen sy bes om dit op te los. Foto: Jaco-Mari Futcher

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button