Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #83 – Simeon Schoeman

Die Herald ontmoet die 83ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 2 Oktober het die Herald vir Simeon Schoeman, 25, die 83ste persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Culemborg Park ontmoet.

Dié voormalige Jannas-leerder se lewenspassie is visvang. Hy werk by die Hook, Line and Sinker-hengelwinkel in Culemborg Park.

“By my werk probeer ek om die visvangbedryf ‘n bietjie meer opwindend te maak en om veral families langs die viswaters te kry,” het hy gesê.

Hy woon sy lewe lank in Randfontein en het reeds al die beste hengelplekke in die omgewing uitgesnuffel.

“Elke geleentheid wat ek in my vrye tyd kry, vang ek vis. Ek fokus op groter visse van bepaalde spesies. My gunsteling hengelplekke is Donaldson Dam in Westonaria en ook Emmarentia Dam.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button