Local newsNews

Lekker eet én hardloop by Connie’s Karnaval

Tydens die jaarlikse Connie’s Karnaval het die gemeenskap en dié sentrum se inwoners bymekaar gekom en hope pret gehad met kameelritte, dansoptredes, kosstalletjies en die gewilde 5km ‘Colour Run’.

Op Saterdag, 6 Oktober, was die Connie Mulder Sentrum se gronde gevul met vrolike geselskap, spelende kinders en heelwat kosstalletjies wat smullekker eetgoed verkoop het.

Tydens die jaarlikse Connie’s Karnaval het die gemeenskap en dié sentrum se inwoners bymekaar gekom en hope pret gehad met kameelritte, dansoptredes, kosstalletjies en die gewilde 5km ‘Colour Run’.

Connie Mulder Sentrum-inwoner, Jannie Aucamp is in sy 60’s, maar hy het nie toegelaat dat dit in sy pad staan nie. Hy het ‘n gouemedalje tydens die ‘Colour Run’ gekry. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens Gordon Henney, hoof uitvoerende beampte van die Connie Mulder Sentrum, was die ‘Colour Run’ ’n groot trekpleister vir gemeenskapslede. Hy het ook gesê die jaarlikse Connie’s Karnaval is ’n dag waarna die gemeenskap en die inwoners baie uitsien.

“Die doel van die karnaval is om fondse in te samel om die lewe vir ons inwoners makliker te maak. Ons koop nuwe matrasse en ander benodigdhede vir hulle en ons wil ‘n lekker Desember-vakansie vir hulle gee. Ons inwoners werk almal daagliks in die sentrum se werkswinkels. Soos enige ander persoon sien hulle uit na die Desember-vakansie, maar nie almal het familie waarheen hulle kan gaan om te rus nie. Ons wil die vakansietyd regtig vir hulle baie spesiaal maak,” het hy gesê.

Yolanda Hurter, Inecke van Stade, Liandri le Roux en Ancchen van Staden het vrolik aangetrek om aan die ‘Colour Run’ deel te neem. Foto: Jaco-Mari Futcher

Daar was stalletjies wat alles van roomys tot hamburgers tot produkte van die naaldwerkwerkswinkel verkoop het. Volgens Gordon was talle gemeenskapslede, personeellede en selfs inwoners verantwoordelik vir dié stalletjies.

“Die karnaval was baie suksesvol en ek was bevrees dat ons voorraad sou opraak, want hier was meer mense as wat ons verwag het. Tydens die dag was ons inwoners deel van die gemeenskap. Sommige inwoners het deelgeneem aan die ‘Colour Run’ en ander het hul eie stalletjies beman of ’n hand bygesit waar nodig. Daar was ook baie kerke betrokke en ons sou dit nie sonder die ouerkomitee kon doen nie,” het hy gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button