MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Oop veld ‘n broeiplek vir misdaad

VIDEO: Die Herald praat met 'n opsigter oor 'n oop veld tussen Westergloor en Toekomsrus wat ‘n broeiplek vir misdaad en ‘n skuilplek vir misdadigers is.

Dwelms, geweld en vullisstorting is algemene verskynsels in die oop veld tussen Westergloor en Toekomsrus.

Volgens Nicolene Raats, opsigter by Westergloor Gardens wat aan die veld grens is die lang gras in dié oop veld ‘n broeiplek vir misdaad en ‘n skuilplek vir misdadigers.

“Ons kompleks se elektriese omheining word gereeld geknip en vreemdelinge peuter aan die deure en vensters van die bejaardes se wonings. Sommige kinders stap ook hierlangs skool toe en terug, en ek hoor gereeld van kinders wat met messe gedreig en van hul selfone geroof word. Hier was ook al verkragtings,” het sy gesê.

Nicolene het haar kommer teenoor ‘n raadslid uitgespreek en hoewel hy gesê het dat hy dit met die munisipaliteit gaan opneem, niks daarvan gekom nie.

“Volgens die raadslid is dit munisipale grond. Ons het al self die gras gesny, maar dit is te groot vir ons om alles uit ons eie sak te onderhou. Ek het al foto’s vir die raadslid gestuur, maar niks word gedoen om die toestand te verbeter nie.”

Sy het vertel dat mense in die veld dagga rook en dwelms verkoop. Party gebruik dit as ‘n toilet.

“Ek pleit dat iemand die gras sal kom afbrand of afsny, want ons lewens is in gevaar,” het Nicolene desperaat bygevoeg.

Dwelms, geweld en onwettige rommelstorting is ‘n algemene verskynsel in die oop veld tussen Westergloor en Toekomsrus. Foto:Jaco-Mari Futcher

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button