Local newsNews

Mej R’fontein-titelhouers reik uit na diere

Die Mej/ Mev Randfontein-span het onlangs kos vir diere in nood geskenk.

Daar is baie liefdadigheidsorganisasie wat na diere aan die Wes-Rand omsien wat dringend hulp benodig.

Clarisse Visser (Mej Randfontein) het vir dié doel saam met Kylie Erasmus (Junior Mej Randfontein), Jenine Hornemann (Mej Petite tweede prinses), Nicolene Hornemann (Mev Randfontein Charity) en Stassie du Preez na The 9th Day-diereskuiling uitgereik.

“Dit was ongelooflik om hierdie fondsinsameling te kon doen. Ons besef nie altyd hoeveel diere daagliks in nood verkeer nie. Hulle vra nie baie nie – net ’n veilige huis, kos en liefde.

Ons as Mej/ Mev Randfontein-titelhouers wil werklikwaar ‘n verskil maak in ons gemeenskap en dit was een van die grootste seëninge wat ons kon ervaar om dié liefdadigheidsorganisasie te besoek en die produkte aan hulle te oorhandig,” het Clarisse gesê.

Hulle het die diereskuiling op Sondag, 4 November besoek en die produkte oorhandig wat deur Distinctive Projects en Protein Pet Nutrition geskenk is.

“Ons moedig almal in die gemeenskap aan om saam met ons ‘n verskil in die lewens van hierdie diere te maak. Ons vra almal vir skenkings aan hierdie liefdadigheidsorganisasie vir diere in nood. Selfs al is dit net om vir hulle te gaan kuier en met die diere te speel. Daar is soveel seer in die wêreld en ek dink dis tyd dat ons hande vat en ’n klein verskil in ons dorp en gemeenskap maak vir die diere wat ons nodig het.”

Clarisse het gesê dat diere nie ‘n eie stem het nie en net die mense in hul gemeenskap kan hulle beskerm en veilig hou.

“Die mense van The 9th Day is ongelooflik. Ek kan nie genoeg dankie sê dat daar mense soos hulle is nie. Mens se hart voel warm om te weet dat hulle enigiets sal doen om diere te help,” het Clarisse gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button