Laerskool Randfontein (Ram) se skoolkoerant, Die Ramkiekie, het tydens die Nasionale Skoolkoerantkompetisie ‘n vierde plek in die Beeld-streek behaal.
“Die Ramkiekie-koerant bestaan reeds vyf jaar en het elke jaar aan die kompetisie deelgeneem. Die 12de uitgawe van die koerant is vanjaar ingeskryf en ons het die beste prestasie tot dusver behaal,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder en redakteur van die skoolkoerant gesê. Die res van die redaksie bestaan uit drie Graad 6-leerders en agt Graad 7-leerders. Daar is ook vyf onderwysers wat vir elke uitgawe ‘n spesiale artikel skryf.

“Die kommentaar van die beoordelaars was dat Die Ramkiekie ‘n lekker laerskoolkoerant is, met indrukwekkende uitleg en puik fotonaamlyne van die joernaliste. Daar is ook opgemerk dat die uitgawe in besonderse voorbladfoto het,” het sy gesê.
Ram se doelstelling met die koerant wat twee maal per jaar verskyn is om ouers en die omliggende gemeenskap op hoogte te hou van die belangrikste gebeure by die skool. Daar word erkenning gegee aan die leerders se besonderse prestasies in die klaskamer, op kultuurgebied en die sportveld. Die Ramkiekie fokus daarop om ons lesers op datum te hou, om hulle te motiveer en om prestasies te vier.
Annie en die Graad 7-redaksielede is uitgenooi na die prysuitdelingsfunksie by Media 24 in Aucklandpark.
“Dit was soos altyd ‘n spogfunksie waar al die wenskole hul pryse ontvang het. Ek is uiters trots op die redaksie en wat ons bereik het,” het Annie bygevoeg.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



