Local newsNews

Groot Kersgeskenk van Indigo Helping Hand

Die Indigo Christmas Shoebox-projek het met behulp van die publiek nagenoeg 200 geskenkpakkies vir minderbevoorregte kinders en bejaardes in die omgewing opgemaak.

Die Indigo Helping Hand Foundation-tak in Randfontein gaan tydens dié feesseisoen nagenoeg 200 geskenke aan minderbevoorregtes uitdeel.

Die Indigo Christmas Shoebox-projek het met behulp van die publiek honderde geskenkpakkies vir minderbevoorregte kinders en bejaardes in Randfontein, Krugersdorp en Venterspos opgemaak. In baie gevalle sal dit die enigste Kersgeskenk wees wat hulle ontvang.

“Elke boks gaan aan iemand wat by ons geregistreer is. Ons het vir die skenker die naam en ouderdom van die persoon gegee en hulle kon die boks volmaak soos hulle goeddink. Ons het gevra dat hulle vir die kinders lekkergoed inpak, want ons glo mens moet lekkers in die feesseisoen eet. Verder kon mense klere, speelgoed, juwele en enige ander oulike produkte in hul boks pak,” het Demi van Wyk, administrasieklerk gesê.

Die Indigo Christmas Shoebox-projek het met behulp van die publiek honderde geskenkpakkies opgemaak vir minderbevoorregte kinders en bejaardes in Randfontein, Krugersdorp en Venterspos. Foto: Jaco-Mari Futcher

Ons weet nie wat in die pakkies is nie, maar ons is seker dat elkeen ‘n hart sal kan blymaak.”

Volgens Annemarie Brink, die stigter, het Kylie Erasmus (Junior Mej Randfontein), Petite Chef Kookskool vir Kinders en Mac’s Krugersdorp-motorfietsklub uit hul pad gegaan om van dié projek ‘n sukses te maak.

Hulle hoop dat dit in 2019 sal groei sodat hulle vir meer mense ‘n onvergeetlike Kersfees kan gee.

“Dankie vir almal se borgskappe en die gemeenskap se goedgesindheid teenoor projekte soos dié. Ons wens elkeen ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoede nuwe jaar toe,” het Annemarie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button