MunicipalNews

AfriForum maak ‘n plan met lekkende pyp in W’aria

Dit het sewe en ’n halfuur geneem om die pyp te herstel.

AfriForum se Westonaria-tak het verlede Saterdag, 19 Januarie ingespring en ’n waterpyp in die dorp herstel.

Volgens hul takvoorsitter, Esther Swart kon die munisipaliteit weens ’n tekort aan materiaal nie die pype herstel nie.

Die pype was só erg verrot en vol gate dat ’n ketelmaker die pype moes seël. Foto: Ingestuur

“Aangesien die munisipaliteit teen laatmiddag nog nie op die probleem gereageer het nie, het ons besluit om die herstelwerk self te laat doen.

“Die pype was só erg verrot en vol gate dat ’n ketelmaker die pype moes seël. Die tak gaan die koste van die ketelmaker dra en ook die inwoner vergoed wat kragtoevoer vir die masjinerie van sy huis af beskikbaar gestel het. Die herstelwerk het meer as sewe en ’n halfuur geduur,” het sy gesê.

Die pype was só erg verrot en vol gate dat ’n ketelmaker die pype moes seël. Foto: Ingestuur

“Die waterlek is reeds op Saterdagoggend om 7vm aangemeld. Volgens ’n munisipale werker sou die gemeenskap die hele naweek sonder water moes klaarkom,” het Esther bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button