MunicipalNews

Stortingsterrein in W’aria nou skoon

Die jarelange stank, vlieë en gevare by die Westonaria-stortingsterrein is nou iets van die verlede.

Westonaria se stortingsterrein is skoongemaak weens druk van AfriForum se Westonaria-tak en samewerking van belanghebbendes.

Volgens Esther Swart, hul takvoorsitter, kon inwoners nie meer met die stank weens die agteruitgang van die stortingsterrein saamleef nie.

AfriForum se Westonaria-tak het druk op die munisipaliteit geplaas totdat die dorp se stortingsterrein skoongemaak is. Foto: ingestuur

“Die sleutel tot dié sukses is volgehoue druk en dan samewerking tussen belanghebbendes. Dit was ‘n stortingsterrein wat vir ‘n paar jaar nie gebruik kon word nie en nou is enige een daar welkom,” het sy gesê.

Volgens Esther is daar tans geen reuke, vlieë en gevare soos voorheen nie.

AfriForum se Westonaria-tak het druk op die munisipaliteit geplaas totdat die dorp se stortingsterrein skoongemaak is. Foto: ingestuur

“Die uitkoms van die projek is ‘n baie groot sukses vir AfriForum sowel as die munisipaliteit. Moses Mokwane van die munisipaliteit, Foster Chauke, ’n inspekteur asook Enoch Bokala, toesighouer en Jacobus Ntshidi, ‘n diensverskaffer wat deur die munisipaliteit aangestel is, het saam met ons gewerk om die stortingsterrein skoon, veilig en toeganklik te maak.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button