MunicipalNews

Randfontein Poskantoor steeds in ‘tragiese toestand’

Hoewel die gras by die Randfontein Poskantoor onlangs gesny is, waai vullis steeds in die hele poskantoor rond en is die vensters gebreek.

Gebreekte vensters en leë bierbottels is aan die orde van die dag by die Randfontein Poskantoor.

Volgens Marie Roodt, ‘n nuwe inwoner van Randfontein het die munisipaliteit wel op die laaste dag van Februarie uiteindelik die gras en onkruid gesny nadat dit reeds vensterhoogte gestaan het, maar die toestand van die poskantoor is steeds tragies.

Dit lyk baie beter vandat hulle die gras gesny het, maar die vullis lê nog net so,” het sy gesê.

Sy woon nog net ‘n maand in Randfontein en is baie teleurgesteld oor die toestand van die munisipale geboue in die dorp.

Lees ook:

Randfontein post office a dump

“Ons is belastingbetalers, maar ons geld word nie gebruik om instandhouding te doen nie. Die gras was baie lank voordat hulle dit gesny het. Die poskantoor is binne baie netjies en veilig en daar is selfs ‘n sekuriteitswag, maar van die straat se kant af is die poskantoor ‘n seer oog vir die dorp,” het sy gesê.

Gebreekte vensters en leë bierbottels is aan die orde van die dag by Randfontein Poskantoor. Foto: Jaco-Mari Futcher

Netheid is nie die poskantoor se enigste probleem nie. Die Herald het op 26 Februarie berig dat verskeie inwoners se pos weekliks verkeerdelik by die Wilken-gesin in Greenhills afgelewer word.

“Dis uiters swak dienslewering as jy my vra. Ek hoop nie dat hulle weer gaan wag tot die gras vensterhoogte staan voordat dit gesny word nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button