Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #104 – Sue-Ann Visser

Die Herald ontmoet die 104de persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 19 Maart het die Herald vir Sue-Ann Visser, die 104de persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in die Randfontein-middedorp ontmoet.

Die 45-jarige Sue-Ann werk al vir meer as 20 jaar by Jimmy’s Midas in Randfontein. Hoewel sy 17 jaar gelede Krugersdorp toe getrek het, ry sy daagliks Randfontein toe om hier te kom werk want haar wortels is steeds in dié dorp gevestig.

“Ek het vir 10 jaar in Randfontein gebly voordat ek getrek het en ek sal altyd ‘n groot liefde vir die gemeenskap hê. Ek is baie lief vir die dorp se mense,” het sy gesê.

Sue-Ann is baie lief vir haar katkinders wat rondom Midas woon en maak altyd seker dat hulle magies vol is.

“Ek is ‘n mense-mens en ek is mal daaroor om met die publiek te werk. Dis hoekom ek nie die werk sal kan los nie,”het sy bygevoeg.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button