Local newsNews

#ThrowbackThursday – 20 Maart 1987

Die Herald gaan ver terug na 20 Maart 1987 vir hierdie week se #ThrowbackThursday.

Dis #ThrowbackThursday en die Herald kyk vandag na die nuusgebeure waaroor daar in sy 20 Maart 1987-uitgawe berig is.

In dié uitgawe het die Connie Mulder Sentrum hul kermis aangekondig. Volgens Gerda Breedt, wat al 32 jaar ‘n inwoner van die sentrum is, was dit die heel eerste kermis wat die sentrum gehou het.

“Baie dinge het die afgelope jaar by ons kermisse verander, maar alles was positiewe veranderinge. Elke jaar is lekkerder,” het sy gesê.

John Butler wat al 42 jaar in die sentrum woon, het saamgestem en bygevoeg dat die kermis glad nie meer lyk soos 32 jaar terug nie. Dennis Faurie woon al 40 jaar daar en het gesê dat die eerste kermis baie lekker was en dat dit elke jaar lekkerder word.

Ander interessante opskrifte in dié uitgawe:

Neville Osborn who won the 100m hurdles event at the West Rand Championships was included in the Transvaal Athletics team.
Die adjunkhoof van die Wesrandse Speurtak, kolonel Martin van Rooyen, is onverwags op die ouderdom van 46 aan ‘n hartaanval dood.
In 1987 het die Connie Mulder Sentrum hul heel eerste kermis gehou.
Brian Rarrows, bestuurder van SAB, het tydens ‘n perskonferensie ‘n tjek ter waarde van R3 350 aan Chris Harmse, voorsitter van Randmark oorhandig.
Volgens Gerda Breedt, wat al 32 jaar ‘n inwoner van die Connie Mulder Sentrum is, was hul heel eerste kermis in 1987.
Die Suid-Afrikaanse Weermag het in 1987 hul 75ste bestaansjaar gevier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button