Local newsNews

Buffalo Ranch maak hart oop vir behoeftiges

Buffalo Ranch gaan op 14 April ‘n groot makietie hou ten bate van Smiling Angels Kinderhuis, ‘n plaaslike niewinsgewende organisasie.

Buffalo Ranch is nie net ‘n plek vir lekker kuier, braai en swem nie, dis ook ‘n plek waar omgegee word vir die gemeenskap.

Johan van Wyk, bestuurder van Buffalo Ranch, gaan op 14 April van 10vm af ‘n groot makietie vir die hele familie hou. Dit gaan aangebied word ten bate van Smiling Angels Kinderhuis, ‘n plaaslike niewinsgewende organisasie.

Daar gaan 17 sangers optree en mamma, pappa, ouma, oupa én die jongklomp is welkom om die dag saam te geniet. Toegang is R30 per persoon plus kos of wintersklere wat vir die kinderhuis geskenk gaan word.

Skakel gerus vir Johan by 082 259 3504 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button